ElimOasis_Header

Google
Download a life
FACEBOOK

New

Getuienisse

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Ons Gemeente
40l ElimGemeenskapsKerk

Ken Jesus, Maak Hom Węrelwyd bekend!

Ek was bly toe hulle vir my gesę het; Laat ons na die huis van die Here gaan!

Psalm 122:1

Die woord ‘kerk’ is ‘n algemene woord wat vandag net die hare van ‘n mens laat opstaan. Die ‘kerk’ is ‘n misbruikte vorm van godsdiens. As ‘n mens maar ondersoek instel, vind ons dat meeste kerke in algemeen leeg staan.

In Mattheus 16:18 lees ons die woorde van Jesus.: 

En Ek sę vir jou: Jy is Petrus, en op die rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Dit is op die uitspraak van hierdie woorde dat die ‘kerk’ vandag nog steeds een van die mees opspraakwekkenste bewegings in die węreld is. Vandag nog, word die ‘kerk’ vervolg, vervloek en self die aanslae van die duiwel is verwoed. Die gemeente van Christus sal egter bly staan. Ons moet oplet na die rol van die gemeente in die Koninkryk van God.

KERK – Grieks – ekklesia (uitgeroep) word gesien in verskillende katogorieë:

  • Almal wat uitgeroep is en aan Christus Jesus behoort
  • ‘n Christelike denominasie
  • Alle gelowige gemeenskappe wat die geloof van Christus bely
  • ‘n enkele kerk van Christelike geloof
  • Net ‘n kerkgebou

Dit is op die uitgangspunt van die kerk dat ons moet let op die funksie van hierdie mistieke beweging. Die gemeente van Jesus Christus word vereenselwig deur die Lewe, die dood, die opstanding en die opvaarding van Jesus in Sy verheerlikte vorm. Die kerk maak uit die liggaam van die Here Jesus en is aan Hom verbonde as die Hoof van die gemeente deur die Water doop en die krag van die Heilige Gees van God. Aan die kerk is gegee spesifieke opdragte en take om uit te voer en sal alleenlik moontlik gemaak word deur die beweging van die Heilige Gees.

  • Lees: 1 Kor 12:12-13 Rom 6:3-7 BD14580_ Gal 3:27 BD14580_ Efe 4:5 BD14580_ Kol 2:10-12

Net soos hierdie gemeente van Jesus begin het in Handelinge 2, was dit in die beplanning van die Here om die kerk tot ‘n einde te bring. Die ware gemeente van die Here word daagliks voorberei vir die mees spektakelste eindes van enige beweging in al die eeue.

DIE DOEL EN DIE BE-EINDIGING VAN DIE KERK

Die Here het die kerk laat funksioneer as ‘n lewende organisme. Die kerk is die hartklop van Jesus Christus. Dit is die plek van bymekaarkoms. Om mekaar te bemoedig, te vermaan, te stig, te leer om soos die Here Jesus te wees. Wanneer ons hierdie massiewe taak bemeester het en die eendragtigheid nagestrewe het, sal Jesus kom om die kerk uit te haal en aan hulle Sy belofte vervul 

  • Lees: 1 Kor 15:51-53 BD14580_ 1 Thes 4:15-17 BD14580_ 2 Thes 2:1BD14580_ Open 3:10 BD14580_

Die algemene taak van die kerk is om eendragtigheid na te strewe. Om hulle verhouding met Jesus Christus te verskerp en altyd te strewe om die Here te plesier. Uit al die take wat uitgevoer moet word, moet die liggaam van Jesus ten alle tye en koste optree in ‘n etiese manier. Paulus het dit uitgespel in Gal 5:21 – wat van ons verwag word om die etiese kodes na te kom. Om te faal in die missie is om die Naam van Jesus te diskrediteer en van Hom ‘n bespotting te maak. Daarom moet die kind van die Here oplet na hulle lewensstyle en hul optrede in die samelewing. Dit is vir ‘n Heilige kerk wat Jesus gaan terugkom. ‘n Bruid wat vlekkeloos is.

 

[Home Page] [Next Page]

[Home Page] [About Us] [About Us Pg2] [Contact Us] [Departments] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar] [Information]
BuiltWithNOF