ElimOasis_Header

Google

Download a life
FACEBOOK

 

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Ons Gemeente
40l ElimGemeenskapsKerk

Ken Jesus, Maak Hom Wêrelwyd bekend!

Ek was bly toe hulle vir my gesê het; Laat ons na die huis van die Here gaan!

Psalm 122:1

 

DIE LIGGAAM VAN JESUS - DIE GEMEENTE!

Hierdie liggaam bestaan uit baie lede (Rom 12). Dit kan net funksioneer as die liggaam gesond is. Ons weet ‘n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees. So is dit met die kerk of gemeente dan ook. God se Gees kan net in ‘n benatuulike manier beweeeg as die liggaam gesond is. Die take rondom ‘n gesonder liggaam behels om te weet wat die Here van die kerk verwag. Om op ‘n Goddelike golflengte te kom. Die gebedslewe en Woordstudies is van uiterste belang, want daardeur sal ons die gedagtegang van God kan verstaan. Die gemeente van Christus ken ook die verlange van God se hart en hulle strewe om dit te gehoorsaam. Dus, as al die dinge saamgegooi word, besef ons dat ons nie ledig kan sit en toekyk hoe ander vir die Here werk nie. Om fiks te bly en om die gemeente te sien groei, is dit die taak van die kind van die Here om betrokke te raak en aktief in te skakel met die werk. Soveel kere het baie afvallig geraak met die verskoning, ‘ek het seergekry’, maar as daar ondersoek ingestel word, is die rede maar weereens onbetrokkenheid. Wanneer ons gefokus bly op Jesus, sal Hy ons altyd bystaan. In elke sportsoort kan daar ‘n besering opgedoen word, maar die voorliefde vir hierdie sportsoort word voortgesit. As ‘n mens die Here dien moet ons kan verstaan dat ons die aanslae van die vyand kry om ons van die spoor af te kry, maar ‘n soldaat vir Jesus staan sy grond want hy besef ons is in ‘n geestelike oorlog gewikkel. Petrus het gesê dat die duiwel rondgaan soos ‘n brullende leeu. Dus word ons aangeval maar ons word nie verpletter nie, want die liggaam van Jesus is ewig in Hom geanker. Hy (Jesus) het gesê Hy sal die gemeente bou . . . . en die poorte van die hel sal dit nie kan weerstaan nie!

Die gemeente is prakties aangelê

Die gemeente funksioneer op die basis van ‘n vyfvoudige plan. God het manne en vroue aangestel om die gemeente te onderrig. Efe 4 praat van Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Leraars om die gemeente te stig en te laat groei in die werk van die Here. Daarom word die gemeente geonderrig om te kan optree in die veld en areas wat die Here wil hê hulle moet in optree. Opleiding is broodnodig om te kan funksioneer. Baie dink omdat hulle al jare in die kerk is, hulle baie weet, maar dit is nie soseer die ondervinding wat saak maak nie, maar die kennis van hoe om die ondervinding toe te pas. Daarom is dit noodsaaklik dat die kind van die Here opgelei word sodat hy hom nie hoef te skaam voor ander wanneer hulle hom uitvra na sy geloof of sy standpunt nie. Baie mense praat hulself vas en trap klei wanneer hulle uitgevra word na hul funksie in die liggaam van die gemeente.

Waar pas ek in?

In die gemeente word ‘n geleentheid geskep om jou passie vir Jesus uit te kan lewe. Elke afdeling in die kerk is van so ‘n aard dat dit die boodskap van die liefde van Jesus kan uitbeeld. Die belangrikste is – RAAK BETROKKE ! Niemand kan jou dwing nie, maar ons kan jou net bemoedig. Onthou dit is harde werk om vir die Here te werk.

Die toekoms

My visie vir die volgende 10 jaar, as die Here vertoef om te kom , is dat elkeen in ‘n posisie sal staan om ander op te lei, om hul bediening te versterk en siele vir Jesus te wen.

Geliefde in die Here, moenie vir een oomblik terugstaan nie. Beur voort, hou jou oë op Jesus en volg in Sy voetspore. Hierdie gemeente is God se werk, en dit is ten alle tye Hy wat die plesier daaruit moet put. Wat ons saai, sal ons maai en die Here gee die groei.

Die Here seën u.

Pastoor Carel Roux

 

[Home Page] [Previous Page]

[Home Page] [About Us] [About Us Pg2] [Contact Us] [Departments] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Pastor] [Getuienisse] [Calendar] [Information]