|
Opmerkings soos hierdie deur leraars, sendelinge en lidmate word dikwels gehoor na afloop van EE III opleiding by ‘n EE III kliniek of in die plaaslike Gemeente!
Baie van hierdie leiers en lidmate het met waardering en entoesiasme aan EE III geskryf, in woorde soos:
“...Voorheen het ons met ‘n skoffel gewerk, maar julle het vir ons ‘n trekker gegee, met bestuursaanwysings daarby!”
“Ons het probeer visvang met ‘n stok en ‘n tou, maar julle het vir ons ‘n visstok gegee!”
“...Gesprekke wat voorheen nooit op dreef wou kom nie, verloop nou vlot, danksy EE III!”
“Die opleiding het my die vrymoedigheid gegee om enige tyd teenoor enigiemand te getuig. Prys die Here, en nogmaals dankie!”
Gedurende die eerste agt maande nadat een van die leraars met EE III in sy gemeente begin het, het die lidmaattal met 103 lede toegeneem. “Dit”, het hy gesę, “is die mees revolusionere persoonlike evangelisasie benadering van die twintigste eeu om die slapende kerkmenigte te mobiliseer”
In 1967 het Dr. D. James Kennedy die eerste leierskliniek by die Coral Ridge Presbiteriaanse Kerk in Ford Lauderdale, Florida vir 36 leraars aangebied. Dit het spoedig geblyk dat die gemeente in Fort Lauderdale onmoontlik al die leraars, sendelinge, leiers en lidmate wat toegerus wou word, kon oplei. In 1972 het EE III na ander stede uitgebrei, in 1983 na al die kontinent en in 1995 na al die lande van die węreld. EE III het in 1978 in Suid-Afrika begin en word tans in talle denominasies regoor Suid-Afrika gebruik. Ons loof die Here vir dit wat tot dusver bereik is. ’n Bevolkingsontploffing regverdig ‘n evangelisasie-ontploffing. God het so ‘n bediening voorsien, en sy stigter het dit genoem
“EVANGELISM EXPLOSION”
Dit is waar U in die prentjie kom! Hierdie opleiding gaan u toerus om die evangelie effektief met vriende, familie, kolegas en bure te deel. Hulle gaan u dan help om weer ander op te lei om dieselfde te doen. EE III wil kerke van elke denominasie, elke nasie en uiteindelik elke etniese groep węreldwyd toerus vir vriendskap, evangelisasie, dissipelskap en gesonde kerkgroei. Ek is daarvan oortuig dat u dit as een van die mees uitdagende en opwindende ondernemings van u ganse lewe sal ervaar. Die EE III-konsepte is oor ‘n tydperk van meer as dertig jaar ontwikkel, beproef en verfyn. Ek glo dat hierdie die effektiefste opleiding is wat vandag in die Christelike węreld vir kerkleiers beskikbaar is om lidmate toe te rus.
Informasie uit die : EE III TOERUSTINGSLEERBOEK
|