|
Inleiding
Evangelisasie is die uitreikingsinstrument in enige gemeente. Dit is die uitdra van die Goeie nuus van Jesus Christus, wat wêreldwyd veranderings in die lewens van mense bring.
Dit is deur evangelisasie dat meeste mense tot die ewige lewe kom. Die woord “evangelie” beteken “goeie nuus” en dra by tot die verandering wat baie ondervind in hulle lewens. Jesus se misie was om te red en te genees. Die mens vandag het GOEIE NUUS nodig. Die evangelie word verkondig ter waarskuwing vir die mens. Baie verkondig en probeer sê dat as ons sterf is dit die einde van die lewe en dat die hiernamaals maar net `n sprokie is. Maar dit is hier waar die evangelie van Jesus die verskil begin maak en laat ons bewus word dat daar tog `n hiernamaals is en dat die ewige lewe deur Jesus, verlossing bring van die ewige dood en Hel. Rom 6:23 ….
Die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus. Dit is die boodskap van die Evangelis - EWIGE LEWE!
Die Gemeente van Jesus se Prioriteit:
Die prioriteite van die Liggaam van Jesus moet reg ingestel wees. Hierdie prioriteit bestaan uit die Ewige lewe, en om dit reg aan te bied. Dit is die opdrag van Jesus self wat die hoeksteen en fondament is. Hy het die voorbeeld gestel oor watter manier die goeie nuus versprei moet word. Jesus se woorde aan die dissipels was:
“Gaan die hele wereld in en verkondig die EVANGELIE aan die ganse mensdom.” Die gedagte is om te gaan en om die mensdom uit die kake van die hel en die dood te red. Elke gelowige moet streef om `n instrument in God se hand te wees om die Evangelie uit te dra. Om `n gemeenskap in te dring, kos totale toegewydheid aan die taak op hande. Elke een moet op sy pos wees en betrokke raak. IS DAAR DAN NOG TYD VIR VERSKONNINGS?
Sien die prioriteit van versoening met God. As dit nie vir die evangelie was nie, sou geen mens God sien nie. Jesus se woorde was dat niemand na die Vader kon kom sonder Hom nie.
John 14:6 - Jesus antwoord hom:
Nou ja, hoe sal hulle te wete kom as ons nie die evangelie verkondig nie. Ons moet Paulus se woorde aanhaal -
“Ek skaam my nie vir die evangelie van Jesus nie, want dit is die redding vir baie siele.” Die verlange van God is dat die mens met Hom versoen sal word en dat hulle met Hom sal regmaak. Hy, die Almagtige God, is gereed om elke mens wat Sy Naam aanroep, te vergewe. Die Vader het ons so lief gehad dat Hy Sy eie Seun nie gespaar het nie om vir ons `n versoeningsoffer te wees nie. Dit is hierdie hartklop wat die GEMEENTE van Jesus moet hê.
- Magtige beweging:
- Die Here is besig om `n weermag op te wek. Manne en vroue wat gewillig is om gestuur te word. Mense wat ‘n passie het om te sien dat verloregane siele gered word. Mense wat sê dat hulle nie kan terugstaan en kyk hoe ander die hel binnegaan nie. Hulle kan nie met leë hande staan en niks doen om te keer dat siele verlore gaan nie. Die Evangelis moet na herlewing strewe. Nie net beperk tot `n Bybelstudie of godsdienstige leesstof nie, maar na `n magtige beweging van die Heilige Gees. Die in-oes van baie siele. Is U vandag `n aandeelhouer in die mark van God die Vader? Daar is vandag ‘n werklike strewe onder die Christengenootskap na verlore siele. Daar is `n erns wat nog nooit so openbaar gemaak is, en nou tot uitreiking kom nie. Die bene begin te lewe…..! Halleluja.
- Ons doelwit.
- Red siele!!! Dit is ‘n magtige taak, maar 10 jaar van nou sal daar baie opgelei wees om die siele vir Jesus hier op die Bult te wen. Dit is Evangelisasie wat die aanvoerder sal wees. Om dit alles te bereik moet ons opgelei word. `n Kursus soos die EEiii word aangebied en dan begin die taak. Uitreiking na hospitale, “shelters”, huise, teruggevallenes, ens. word gedoen. So raak ons die onmiddelike omgewing aan. Uit die Evangelisasie word sendelinge gebore wat na die uithoeke van die aarde gestuur kan word. Elke kind van die Here word vandag nog uitgedaag om `n sielewenner te word. Om `n hart te hê wat omgee, wat uitreik en groei.
- Uitsonderlike bediening
- Dit is ‘n uitsonderlike bediening om ‘n Evangelis te wees. Die aanstelling kom van die Here. Dit is die Here wat ons roep. Hy voorsien ons van die nodige krag. Hy gee die nodige wysheid deur die Heilige Gees. Dit is God se Gees wat ons dan toerus met die nodige kennis. God se woorde was:
- “Wie sal gaan” wie sal vir My, my hande en voete wees, wie sal vir my `n mond wees?
- Daar is so baie wat baie kan praat, maar so min wat die uitdaging aanvaar om die Evangelie te verkondig. Wie sal vir die Here werk?
Pastoor Carel Roux
|