|
Gebed is een van die belangrikste bassise in die lewe van elke Christen. Dit is die enigste bron van geestelike krag en die betekenis waardeur ons kontak kan hê met die geestelike wêreld. Dit is die pilaar wat ons bediening ondersteun en moet gereeld beoefen word om te hoor wat God vir ons wil sê.
“Bid sonder ophou” (1 Thes 5:17) Ons geestelike groei of effektiwiteit in die bediening is afhanklik van die rol wat gebed in ons lewe speel. Hoe meer waarde ons heg aan gebed en tyd spandeer met God in ons lewe, hoe meer effektief sal ons word. Elke gelowige moet die belangrikheid van gebed en kommunikasie met God herken.
Daar is baie waarvoor ons kan en moet bid, maar die belangrikste is om uit te vind wat God se wil is, sodat ons nie teen Sy wil bid nie. Sommige Christene bid gedurig vir ander maar dit is ook baie belangrik om vir jouself te bid soos Jabes die God van Israel aangeroep het in 1 Kronieke 4:10
“En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het”
Een van die redes waarom Christene `n saai gebedslewe het, is omdat hulle nooit die tyd geneem het om te leer om te bid nie. Hulle gebedslewe is oneffektief en dus vrugteloos. Die vernaamste ding om te leer is om ons gebede tot God te rig deur Sy Seun, Jesus. Bid dan ook altyd ooreenkomstig die wil van God en moenie probeer om God te dwing om enige iets te doen wat strydig is met Sy wese nie. God se wil is altyd die beste vir ons.
1 Jonannes 5: 14 – 15 “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.”
Ons mag wel sterk bidders wees, maar tensy ons die hindernisse of struikelblokke verwyder wat die antwoorde op ons gebede verhinder, sal gebed nutteloos wees. Sommige van die struikelblokke kan deur die vyand veroorsaak word, maar dan kan sommige struikelblokke daar wees as gevolg van ons eie toedoen.
- Enige tipe van sonde kan ons verhouding met God skade aandoen want dit sal `n skeidingsmuur in ons verhouding met God veroorsaak. (Ps 66:18, Ps 15:29, Joh 9:31 en Jes 59: 1-2)
- Die gees van ongeloof is `n geloofsmoordenaar want wanneer ons toelaat dat die wortels van ongeloof in ons geestelike lewe is, sal dit al ons geestelike krag opeet. (Jak 1:1-8)
- Die gees van onvergewensgesindheid is soos kanker in ons liggame en dit sal ons vernietig indien daar nie onmiddellik gehandel word nie. (Mark 1:25-26, 1 Joh 1:9)
- Ons moet die regte motiewe hê wanneer ons tot God bid. (Mat 6:10 “Die Onse Vader”)
- Ons moet `n vrygewige gees besit as ons van God verwag om vrygewig teenoor ons te wees en ons moet dus leer om ons seëninge met ander te deel. (Mat 6:19, 1 Joh 3:17)
- Ander struikelblokke wat ons gebede kan verhinder is skynheiligheid in ons geestelike wandel, onenigheid in ons huise en ander verhoudings, deur te wandel in misleiding en om nie die Woord van God te lees nie. (Job 35:12-13, 1 Sam 15:22-23)
Elke gelowige wat bereid is om die prys te betaal kan `n effektiewe gebedslewe hê. `n Effektiewe gebedslewe is gebaseer op `n persoonlike verhouding met die Here Jesus. Ware gebed is `n verhouding met Christus, nie `n aktiwiteit opsig self nie en daarom moet ons:
- In Hom bly sonder voorbehoud. (Joh 15:17)
- Gehoorsaam wees aan Sy stem op elke moontlike manier.(Joh 9:31, 1 Joh 3:22)
- Nederig wees as ons in Sy weë wandel.(Luk 18:13-14, 2 Kron 7:14-15)
- `n Regverdige lewe lei. (Jak 5:16, Ps 34:15 + 17, Spr 15:9 +29)
- In die vrese van die Here leef. (Ps 145:19)
Ons het huidiglik `n handjie vol lede wat toegewyd intree vir mede Christene op `n daaglikse basis om hulle versoeke aan die Here op te dra. Elke lid teken `n kontrak om alle versoeke vertroulik te hou en die vrug van die gees toe te pas, om sodoende mede Christene se privaathied en vertroulikheid te eerbiedig. Die gebedskring tree ook in vir versoeke wat gepubliseer word in die Jerigo Mure wat `n daaglikse gebedsgids is. Hierin word riglyne verskaf en fokus word geplaas waaroor om te bid :
- Suid Afrika
- Wêreld kwessies
Die gebedskring het ook `n permanente lys waarvoor ons elke dag bid en word hieronder gelys.
- Die verskeie rade in die gemeente
- Leiers in bestuur van hierdie rade
- Die kerkraad
- Die pastoor en sy vrou
- Die gemeente
- Die Bybelskool
- Die jeug
- Huwelike
- Finansies
- Geestelike groei in die gemeente
- Uitbreiding van die gemeente
- Besighede in die gemeente
Belangstellendes kan Pastoor Roux nader indien hulle by die gebedskring wil aansluit, maar moet kennis neem dat hulle vir 12 maande hieraan verbind sal wees.
Gebed maak die mees belangrikste deel uit van ons wandel met die Here, want dit gee ons krag tot redding en dit is hierom dat ons die gebedskring moet uitbrei en versterk in ons gemeente sodat daar `n kragtige en sterk fondasie neergelê word. `n Kragtige gebedsgroep moet dus op die voete gebring word sodat:
- Geestelike groei kan plaasvind
- Siele gewen kan word
- Genesing kan plaasvind
- Die jeug versterk word en vas bly staan in die Here
- Besighede kan vermeerder en geseënd wees
- Gemeente beskerm word teen die aanvalle van die bose
- Die skatkis van die Here gevul kan word weens gehoorsaamheid
- Bestuursliggame krag en leiding van die Here ontvang
- Goddelike wyshied aan ons openbaar word
- Wonderwerke kan plaasvind
- Die Here verhewe kan word vir Sy trou en seëninge
- Die Woord aan ons geopenbaar word en tot ons spreek
- Ons die stem van die Here kan hoor
Elke lid van ons gemeente moet ingespan word om die vrymoedigheid hê om te bid of om as intersessors op te tree wanneer dit benodig word. Alle lof en eer kom die Here toe en ons dank Hom vir Sy liefde en getrouheid elke dag.
Amen Jan Eaglestone
|