ElimOasis_Header

Google
Download a life
FACEBOOK

New

Getuienisse

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Juwele

Al die Susters in die Gemeente

Die naam van die sustersvereeniging word afgelei van wat Salomo in Spreuke 31:10 sê:

    “Wie sal ‘n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale” Ons moet streef daarna om waarlike juwele voor God se aangesig te wees.

Die sustersraad bestaan uit ‘n dagbestuur en al die vrouens van die gemeente.

Die dagbestuur bestaan uit:

  • Voorsitter
  • Vise-voorsitter
  • Sekretaresse
  • Tesouriere

Elke tweede maand van die jaar word ‘n vergadering gehou. Op hierdie vergaderings word besluite geneem aangaande die aankoop van benodighede, fondsinsamelingsprojekte word bespreek, en funksies wat in die gemeente gereël word, word hier gefinaliseer. Daar word notule op elke vergadering geneem, en ‘n volledige finansieële verslag word aan die susters voorgelê. Tydens die algemene jaarvergadering in die gemeente word daar van die susters verwag om ‘n jaarverslag op te stel, sowel as ‘n jaar finansieële verslag aan die kerkraad voor te lê.

Geestelike voeding word ook gekry deur middel van die voorsitter wat gewoonlik ‘n woord bring en oorgaan in gebed.

Doen ek my deel?

    Rom 12:6-13 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid

Ons moet kyk na watter gawes ons ontvang het en dan vra hoe ons hierdie gawes tot eer van God kan gebruik. Ons moet net onthou dat ons met ons gawes nie al die werk in die kerk kan doen nie. Elkeen se gawe verskil hemelsbreed en ons moet dankbaar daarvoor wees dat hulle vermoëns weer vir ‘n tekortkoming kan vergoed. Saam kan ons die kerk help opbou. My visie en begeerte is dat elke suster van die gemeente saam sal werk.

Finansies:

Ongelukkig kan geen gemeente of raad sonder finansies funksioneer nie. Daar moet spesiale projekte geloods word om finansies in te samel. Op die huidige oomblik bak net agt van al die susters in die gemeente, een maal per maand, koeksisters. Ek voel dat meer susters in hierdie saak betrokke moet raak en die projek groter moet uitbrei. Daar word ook maandeliks ‘n vrywillige bydrae van tussen R5 en R10 gevra van elke suster. Huidiglik is dit nie op dreef nie. Aandag sal hieraan geskenk moet word. Daar sal dringend aan ander maniere gedink moet word om fondse in te samel.

Die raad sorg vir die aankope van al die nodige kruideniersware, skoonmaakmiddels, gordyne, tafeldoeke, breekware ens. Alle funksies wat deur die kerkraad gereël word, word die aankope deur die juwele gedoen.

Bydrae word elke maand aan die kerkraad gedoen vir die vergoeding van die tuinhulp. Daar word ook ‘n maandelikse bydrae gemaak vir ‘n bonus vir die Pastoor van die gemeente.

Kamp

Elke tweede jaar word ‘n kamp vir die susters van die gemeente gehou. Die susters kan dan, weg van die huis, ontspan en meer van mekaar leer. Hierdie kampe word gekenmerk aan die groot pret wat gewoonlik ondervind word. Alhoewel daar sterk gefokus word op ken-mekaar en interaksie, word die geestelike nie afgeskeep nie. ‘n Tema word vir die naweek gekies en lesings word aangebied. Groot getuienisse is al ontvang van hoe die Here op sulke kampe gewerk het. Omdat dit in ‘n meer ontspanne atmosfeer plaasvind, is susters meer ‘oop’ vir die werking van die Heilige Gees. Gewoonlik na afloop van so ‘n kamp, is die susters nader aan mekaar, en kan daar duidelik ‘n groter samewerking tussen hulle opgemerk word.

Die toekoms

My visie vir die toekoms is om ‘n klein ‘kontantwinkel’ op die been te bring, waar die nie-werkende susters ‘n inkomste vir hulself kan inpalm en sodoende ook fondse deur middel van kosverkope soos byvoorbeeld, koeksisters, vetkoek met maalvleis, pannekoek ens. te verkoop om die fondse van die gemeente te vermeerder. As elke suster gewillig is, kan ons met die wysheid en insig dit wel doen.

Geen suster kan gedwing word om iets vir die Here te doen nie. Ons kan net mekaar aanmoedig om skouer aan die wiel te sit en saam te werk. Vele hande maak ligte werk! Soveel kere dink ons dat hierdie werk minderwaardig is, en dat ons werk om ander plesier te gee. Ons moet altyd onthou dat ons vir die Here werk. Al lyk die taak nietig en klein, beteken dit baie vir die Here as dit met liefde gedoen word.

    1 Cor 13:1-3 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 

Watter gawe ‘n mens ook al ontvang het, en wat jy ook al daarmee doen, as jy dit nie met liefde doen nie, beteken dit absoluut niks. Dit is ‘n bonatuurlike liefde wat van die Heilige Gees af kom. Die liefde moet die middelpunt wees van alles wat ons doen, want dit is die heel belangrikste in ‘n geestelike gesindheid.

Marietjie Pozyn

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar] [Information]
BuiltWithNOF