ElimOasis_Header

Google
Download a life
FACEBOOK

New

Getuienisse

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Kerkraad

 

 

Wie is die kerkraad:

Alhoewel die kerkraad die hoogste gesag in die gemeente is, staan die raad direk en in nederigheid onder die oppergesag van die Almagtige God. Aan die hoof van die raad staan die Pastoor van die gemeente. Die raad bestaan uit:

  • Voorsitter
  • Vise voorsitter
  • Tesourier
  • Sekretaresse
  • Lede van die raad

Elke lid van die kerkraad word gekies deur die Pastoor, in samewerking met die ander lede van die raad. Nadat Pastoor die aangesig van die Here gesoek het, in verband met ‘n gekose persoon, word dit aan die raad voorgestel en die raad besluit dan (ook in samewerking met die Here deur middel van gebed) of die gemeentelid as raadslid aangestel word. Wie aangestel mag word, word hieronder, na aanleiding van voorstelle van Paulus aan Timotheus, bespreek. Kerkraad se pligte:

  • Om die administrasie van die gemeente te hanteer en as hoogste gesag, besluite in ander departemente te bespreek en goed- of af te keur.
  • Geestelike pligte is prioriteit in die raad. Die raad moet leiding gee op geestelike gebied. Gemeentelede kyk op na die raad en hulle moet dus ten alle tye ‘n voorbeeld wees. Die Jesus-gesindheid moet ALTYD uitgebeeld word.
  • Kerkraadslede moet beskikbaar wees vir hulp wanneer vir gemeentelede gebid word tydens dienste. Daarom is dit noodsaaklik dat elke lid “ingebid” is voordat hulle na die diens kom. Die Here verwag van ons om ‘n skoon kanaal vir hom te wees. Raak ontslae van enige negatiewe gedagtes en invloede voordat ‘n diens bygewoon word. Voor elke diens kom al die lede van die raad bymekaar om spesiaal vir die diens te bid.
  • Kerkraadslede word as hoofde van departemente in die gemeente gebruik, alhoewel dit nie ‘n vereiste van ‘n departementhoof is nie.
  • Finasies word deur die tesourier hanteer, maar al die lede van die raad word op hoogte gehou van die finansieële stand van sake, deur middel van ‘n maandelikse verslag wat deur die hele raad goedgekeur moet word. Offerhandes en tiendes word ook gedurende die dienste deur die kerkraad opgeneem, getel en bevestig.
  • Die sekretaris/resse is die skriba van die kerkraad en gemeente. Hy/sy is ook die skakel tussen die plaaslike gemeente en die kerk se hoofkantoor. Alle verslae, notules, statistieke van die gemeente ens. word deur hom/haar hanteer. Hy/sy is verantwoordelik om die raad op hoogte te hou in verband met vergaderings en ander verwikkelings in die gemeente.
  • Nagmaal word elke 2de Sondag van die maand gehou. Die kerkraadslede is verantwoordelik vir hierdie taak. Alhoewel die Pastoor gewoonlik die nagmaal bedien, mag hierdie taak ook deur een van die lede gedoen word.
  • Nuwe besoekers en gemeentelede wat teruggeval het, moet besoek word deur kerkraadslede sowel as die Pastoor. Dit beteken nie dat gemeentelede wat gereeld die dienste bywoon en aktief in die gemeente is, afgeskeep moet word nie. Besoekers en teruggevallenes word egter voorkeur gegee en saam met die Evangeliesasie departement in die gemeente word hulle besoek. Vergaderings word elke maand gehou. Daar word verwag van elke lid om hierdie vergadering by te woon. Gedurende hierdie vergaderings word sake van die gemeente bespreek. Indien daar probleme in die gemeente opduik, word dit eers deur die betrokke raad gehanteer, en as daar nie ‘n oplossing gekry word nie, word hierdie saak aan die kerkraad voorgelę vir bespreking en goedkeuring. Ander adminstratiewe sake word ook op die vergadering hanteer. Soos reeds gesę is, word finansieële verslae aan die raad voorgelę en goedgekeur. Die sekretaris/resse is verandwoordelik vir alle admin hieraan verbonde (notules, korrespondensie, ens).
  • Alhoewel vergaderings hoofsaaklik gehou word om administatiewe probleme uit te stryk, word dit gebruik om geestelike sake ook te hanteer. Daar word verwag van die voorsitter van die vergadering om ‘n boodskap of lering te bring om die raad geestelik te voed. Gebede en gebedsversoeke word ook hanteer omdat enige geleentheid gebruik kan word om die aangesig van die Here te soek. Dus word die vergadering nie uitsluitlik vir die vleesllike behoeftes van die gemeente gehou nie, Daar word ook vir geestelike behoeftes voorsiening gemaak deur die vergadering te gebruik as ‘n geleentheid vir die opbouing van raadslede.

Wie mag op die kerkraad dien:

Die beste manier om hierdie voor te stel is om na die Woord van God te kyk. Paulus skryf vir Timotheus in verband met opsieners en diakens. 

    In 1 Tim 3:2 – 13 staan die volgende

 

[Home Page] [Next Page]

 

 

Pastoor Carel Roux






















(Voorsitter)
Gert Helberg























(Visie voorsitter)
Lettie van Ghunt
(Sekretaresse)
(Tesouriere)
Jan Eaglestone
Pastoor
Bettie Steenkamp
Steve Watkins

 

 

 

 

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar] [Information]
BuiltWithNOF