ElimOasis_Header

Google

Download a life
FACEBOOK

 

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Kerkraad

 

 

     ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderig, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustig, geen geldgierige nie; Een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra? Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie. Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinssoekers nie, manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou. En hulle moet ook eers ‘n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien. Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles. Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer. Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

    vers 15: …… dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid.”

Hier is alles in ‘n neutedop. Wanneer hierdie gedeelte gelees word, word daar besef dat daar ‘n baie hoë standard geskep word. Dit is nie sommer enige Jan Rap en sy maat wat aan hierdie vereistes voldoen nie. Sonder die hulp van die Here sal elke lid nie volgens hierdie voorgeskrewe vereistes kan lewe en werk nie. Daarom moet elke lid van die raad ‘n ware wedergebore, Godvresende kind van God wees. Elke lid moet streef na heiligheid. Wanneer hierdie voorstelle van Paulus gelees word, besef ‘n mens dat die duiwel om elke hoek en draai gaan probeer om die gewilliges te pootjie. Elke lid van die raad moet dus op hul hoede wees vir die duiwel en hom ten alle tye teenstaan. Dit kan egter net saam met die Heilige Gees gedoen word. Die wapen-rusting moet daagliks aangetrek word. (Lees Gal 5)

SLOT

Dus, die kerkraad se doel is om ‘n gemeente te dien. Hul doel is om ware pilare te wees waarop God kan bou en Sy bruid kan voorberei. ‘n Gemeente waar gemeenskaps-verhoudings heers. Waar almal poog om net die beste vir die Here en Sy werk te gee. Waar daar eengesindheid onder Sy kinders heers, en waar ons ‘n plesier vir die Here kan wees. ‘n Gemeente wat ‘n globale indruk maak vir Christus ....... ‘n ware LIGHUIS.

Lettie van Ghunt

[Home Page] [Previous Page]

 

 

Pastoor Carel Roux






















(Voorsitter)
Gert Helberg























(Visie voorsitter)
Lettie van Ghunt
(Sekretaresse)
(Tesouriere)
Jan Eaglestone
Pastoor 
Bettie Steenkamp
Steve Watkins

 

 

 

 

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Pastor] [Getuienisse] [Calendar] [Information]