|
van die Bybel – aangeneem as hul skrif. Die Hebreërs aan die suidekant het geweier om met hulle te assosieer en hul geloof as ondergeskik bestempel. Toe die Hebreuse mense hulle tempel oorgebou het, het hulle geweier om hulle hulp aan die Samaritane te verleen. Uiteindelik het die Samaritane vir hulle ‘n tempel gebou, maar was in 128 VC vernietig. In Jesus se tyd het die Jode neergekyk op die Samaritane as buitelanders. Jesus het ‘n goeie storie vertel van ‘n Samaritaan wat ‘n Jood gehelp het wat beroof en beseer was deur diewe wat hom aangeval het. Ander Jode het verby hom geloop en hom daar gelos sonder dat hulle enige hulp aangebied het.
(Lukas 10:30-34): en Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gan hulle weg en laat hom half dood lê. En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby. En net so het ook ‘n Leviet by die plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan. Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.
Hierdie storie is ironies want die Samaritane was nie veronderstel om simpatie te toon teenoor die Jode nie.
Dieselfde storie word herhaal waar Jesus tien melaatse mense genees het. Net die een uitlandse Samaritaan wat melaats was, het Jesus bedank vir sy genesing.
(Lukas 17:16-18.): En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom bedank. En hy was ‘n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sê; “Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgerdraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
Omtrent 500 Samaritane woon in twee gemeenskappe. Hulle is die enigste oorlewende afstammelinge van die Bybelse Samaritane.
Wat is ‘n Samaritaan?
Kom ons kyk na die woordeboek wat beteken die woord “Samaritaan”. Die woordeboek beskryf die samaritaan (sa-mar-i-tans) as ‘n persoon wat mensliewend is. Kom ons kyk nou na wat die betekenis van die woord is volgens die Bybel. Die woord is van Hebreuse afkoms.
As ‘n mens mooi kyk na wat die woordeboek en die Bybel, God se Woord sê, kan jy wel sien dat die wêreldse mense ook die woord “Samaritaan” se betekenis ken. Die gelowiges weet ook wat die woord beteken en wat hul werk is.
Die Samaritane is ‘n organisasie wat mense help wat selfmoordnygings het, wanhopig is en in vertwyfeling raak en mense wat siek is en wat hulp nodig het. Dit is hulle werk is om hierdie mense te bevriend en om hulle te bel en / of te besoek. Die Samaritaan is 24/7 op diens, dag en nag, reg deur die jaar, besig om te werk.
Alhoewel daar sommige organisasies is wat Samaritane geldelik vergoed vir hul dienste, is die Samaritane in ELIM GEMEENSKAPS KERK ‘n vrywillige diens. Werkers is van enige ras en opleiding word verskaf sodat daar nie onvoorbereid na siekes en ander uitgereik hoef te word nie.
Om ‘n Samaritaan te wees, word jy eers ge-evalueer en daarna word jy voorberei – soos reeds gesê is – deur opleiding te ondergaan. Slegs dan word jy uitgestuur om diens te verrig.
Fondse word wel benodig:
Die Samaritaneorganisasie word op ‘n basis van geldinsameling bestuur. Fondse word ge-in deur middel van pannekoekverkope, handsak- en mooimaakgoedjies word ook verkoop. Hierdie fondse word gebruik om blomme met ‘n mooi kaartjie aan pasiente wat besoek word, te gee. Ander benodighede word gekoop vir ouetehuise, kinderhuise ens.
Wat behels dit om deel van die Samaritane te wees.
Die doel van die Samaritane is om te werk as ‘n instrument in Jesus Christus se Hande. Om deel te wees van die samaritane is om te sien hoe groot God se liefde vir die mens is en om te sien dat genesings plaasvind. Dit is ‘n eer om gekies en geroep te word om op te tree as ‘n Samaritaan. Die werk word tot eer en verheerliking van God gedoen. Al is ons ‘n klein groepie, is die Heilige Gees ALTYD teenwoordig en werksaam. Ons reik uit na gebroke mense, mense in hospitale en selfs tuis, kinders in tehuise en ouetehuise.
Tyd en vervoer is wel op die oomblik ‘n probleem, maar ons glo en vertrou dat Jesus ‘n uitweg vir ons sal gee. Ons gebed vir die toekoms is dat daar meer mense betrokke sal raak om die werk te kan verrig, want daar is baie gebroke, alleen en siek mense wat hulp, aandag, liefde en God se Woord nodig het.
Die toekoms vir die Samaritane is om ten alle tye waaksaam te bly, om nie hulle passie te verloor nie, dat hul liggie nie sal ophou skyn nie en dat hulle nie gevoelloos sal raak en neerkyk op andere nie, sodat die krag en liefde van Jesus Christus altyd deur die Samaritane sal werk.
Magriet Meyer
|