|
Is jy beskikbaar?
Een van die grootste opdragte in die Woord, word gevind in Handelinge 1:8 ( Acts 1:8 ) wat duidelik ‘n opdrag is om onder die krag van die Heilige Gees ‘n getuie vir Jesus Christus te wees oral waar ons beweeg, plaaslik en regoor die hele wêreld. Dit was God se opdrag aan Sy eerste dissipels van die vroeë kerk en dit is vandag nog Sy opdrag aan ons as Sy dissipels.
Definisie van ‘n sendeling:
‘n Sendeling is ‘n gewillige dissipel wat God in die wêreld uitstuur met die opdrag om dissipels vir Sy Koninkryk te maak. ‘n Sendeling se lewe is ‘n lewe van opofferinge. Waar en onder watter omstandighede die Here ons wil gebruik, is Sy saak en ons moet net bereidwillig wees om enige prys te betaal om die Blye Boodskap aan die honger en hulpelose, hopelose wêreld oor te dra.
Om ‘n sendeling te wees:
Om ‘n sendeling te wees is iets wat by u ‘n sekerheid moet wees, m.a.w. u moet baie seker wees dat dit die rigting is waarin u geroep is. Dit is ‘n roeping wat partykeer ‘n prys van u kan eis, die Woord sê immers vir ons in Mat10:37-38, ons moet bereid wees om dit wat vir ons baie belangrik is, te kan opgee as dit van ons verlang word. Hoeveel is u bereid om op te gee? more. . .
Die Hartklop van die Vader:
Die Bybel beklemtoon sendingwerk. Dit is die hartklop van die Vader om die verlore sondaars te bereik. Die eerste boodskap met die geboorte van Christus was more. . .‘
Waar is ELIM GEMEENSKAPS KERK se sending-aksie in die toekoms?
Die Woord sê die goeie werk wat Hy in ons begin het, sal Hy klaarmaak. Sendingwerk in ons gemeente is die werk van die Here, en solank Sy Woord bly staan, sal ELIM GEMEENSKAPS KERK op die Bluff betrokke wees by die verkondiging van Sy Woord. Vanuit ons gemeente sal manne en vroue opgelei word om sendingwerk regoor die wêreld en veral in Afrika te doen. Daar sal spanne uitgaan en in die Naam van Jesus die siek wêreld genees. Die tyd het gekom dat ELIM GEMEENSKAPS KERK sy plek begin volstaan in dit wat die Here vir ons beplan het en waar Hy ons wil gebruik. Ons moet ‘n impak op die wêreld maak.
Ferdi Jonker
Inligting-bronne:
A Hitshhiker’s guide to Missions – Solly Ozrovech
Die grootste boek van illustrasies van die lewe vir die lewe – Solly Ozrovech
|