ElimOasis_Header

Google

Download a life
FACEBOOK

 

Getuienisse

>

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Senior Jeug

 

Die senior jeug is die toekomstige lidmate en leiers in die gemeente, en dit is ons taak as leiers om hulle op te voed en toe te sien dat hulle die regte lering ontvang sodat die dag wanneer hulle oorneem, hulle oor die nodige kennis beskik en weet dat hulle op die Here kan vertrou vir leiding en bystand. Die vraag is waar begin die Senior jeug? Alhoewel daar ‘n ouderdoms perk is aan die jeug (14 – 21) begin die grondlegging al by die kinderkerk en junior jeug wat die voedingsbron vir die senior jeug is.

Struktuur:

Die senior jeug moet ‘n goeie bestuur-struktuur hê wat bestaan uit:

  • Voorsitter
  • Vise-voorsitter
  • Sekretaresse
  • Tessourier
  • Lede (jeug leiers)

Hierdie span moet bestaan uit lidmate van die gemeente asook lede uit die senior jeug. Die rede hiervoor is om die jeug op te lei in hoe ‘n bestuurspan werk en wat elkeen se verantwoordelikheid is. Hulle moet ook leer om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te voer, asook hoe om vergaderings te lei en te beheer en wat elkeen se taak op so ‘n vergadering is. Daar word ook van die leiers verwag om goeie Bybelkennis te hê en om die kennis oor te dra aan die jeug. Ook deel van hul taak is om toe te sien dat dissipline gehandhaaf word tydens jeug byeenkomste en jeug saamtrekke.

Jeugbyeenkomste

Jeugbyeenkomste vind normaalweg op Vrydag-aande plaas vanaf 19h00 tot 21h00. Die lesse wat Vrydae aangebied word, wissel van ‘n direkte lesing uit die Bybel, vasvrae, Bybel toneelstukke op te voer ens. Die doel egter van elke les is om die jong tiener te leer van die Bybel, om op die Here te vertrou vir hulp en bystand, die Woord van God te verkondig en om gemeenskap met die Here te hê saam met ander jong gelowiges. Daar is ook aande waar ons op uitstappies gaan soos om put-put te speel, braai op die stand en dan touch-rugby of strand volley-ball te speel. Op sulke geleenthede word daar streng dissipline gehandhaaf en geen kind sal die area van toesig verlaat nie. Dis ook hier waar die jeugleiers en die bestuurspan saamwerk om toe te sien dat so ‘n aand altyd ‘n groot sukses is. Die jeug interskakel ook met ander jeug van ander kerke en word gereeld uitgenooi na ander jeugbyeenkomste wat ons dan as ‘n jeuggroep besoek. Hierdie byeenkomste is baie geseënd want die jeug maak nie net nuwe vriende nie, maar kom ook tot die besef dat daar baie ander jong mense is wat die Here as hul persoonlike Saligmaker aanvaar het. Gewoonlik na so kuier by ‘n ander groep, sal die jeug vra dat ons daardie groep na ons toe nooi om hulle dan te vermaak. Die samewerking om so aand te reël, is ‘n groot sukses want dan werk almal saam om die aand ‘n sukses te maak. Ons reël ook sportdae saam met ander jeug groepe. ‘n Voorbeeld hiervan is die krieket wedstryd teen Sweet Waters gemeente van Amanzimtoti waar ELIM GEMEENSKAPS KERK die wisseltrofee verower het. Hierdie geleentheid gaan nou elke jaar gehou word. Daar word ook “youth rallies” gehou, waar ons dan jeug sprekers en jeug orkeste kry om die jeug te vermaak. Ons interskakel ook met die evangelisasie departement waar ons deelneem aan die “Prayer walk” om die Bluff, waar ons bid dat elke huis wat ons verbyloop vir die Here gewen kan word. Uitreiking op die strand word ook gedoen.

Kamp

Een kamp per jaar word gehou. Dit strek vanaf Vrydag middag tot Sondag middag. Die kamp is nie net ‘n ken-mekaar geleentheid nie, maar dit is waar daar ‘n vertrouensband gevestig word tussen die leiers en die jeug. Elke kamp het ‘n tema en daar word lesings oor die tema aangebied. Daar word ook dan van die jeug verwag om Bybel studie te doen en Sondag voor vertrek, terugvoering te gee. So ‘n kamp is ook die hoogtepunt van die jeug kalender.

Finansies

Ongelukkig kan geen jeug sonder finansies funksioneer nie. Daarvoor hou ons fondsinsamelings projekte wat wissel van lootjies, potjie kos verkope, motor was dae ens. Donasies word ook ontvang. Die leiers is altyd oop vir verskillende voorstelle oor hoe fondse ge-in kan word. Hierdie fondse word dan aangewend vir die aande as ons gasheer speel vir ander jeug groepe, jeugkampe, jaareind-funksies waar ons gewoonlik iets kleins vir elkeen as kersgekenk gee. Die boeke word op ‘n professionele wyse gedoen, sodat die jong leiers kan leer hoe belangrik dit is om goed boek te hou van hoe fondse aangewend word. Elke jaar word daar ‘n algemene vergadering gehou, waar ‘n finansieële verslag aan die kerkraad voorgelê moet word.

Die toekoms

Ek sien ‘n blink toekoms vir ons jeug. As ons terugkyk waar ons net met twee lede begin het, en waar ons nou staan , kan ek tereg sê dat God met ons is. Dis goed om te sien hoe elkeen groei in die dinge van die Here, vanaf die een wat net van die junior jeug af kom en nog nie weet waar hy/sy inpas nie, tot die dag as hy/sy die grootmens lewe ingaan, waar hulle ‘n volwaardige volwasse lid van die gemeente word. Die jeug kom egter kort in een afdeling. Jeugmusikante word benodig, maar ek vertrou dat die Here ook hierin sal voorsien.

Gert Helberg

 

 

 

 

 

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar2011] [Information]