ElimOasis_Header

Google

Download a life
FACEBOOK

 

Getuienisse

>

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

 

Sport & Ontspanning

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lees verder in(Afrikaans)

Read more in(English)

 

Inleiding:

Hierdie afdeling is presies wat die opskrif sê: - ontspanning.

Ontspanning en rekreasie in ons lewens is net so nodig as om te eet of om te slaap. Daarom word daar dus gemik om so gebalanseerd in die gemeente te wees. Dit is hier waar daar gepoog word om elke persoon betrokke te kry, waar ons mekaar kan leer ken en waar ons met ander gemeentes kan deel.

Die visie van die aksie

Die hele gedagte gaan om ons gasvryheid uit te leef en om vrolik en vol blydskap saam te verkeer. Hier kan ons nie skaam, teruggetrokke of hoogmoedig wees nie. Sulke dinge maak die saamwees net onplesierig. Lukas 15:23 ...en bring die vetgemakte kalf en slag dit, en laat ons vrolik wees. In 2 Petrus 2:13 lees ons dat ons in die wil van die Here moet bly. Dit is God se wil dat ons vrolik en bly moet wees. Die lig meng tog nie met duisternis nie, maar oorweldig die duisternis. Daarom, as kinders van die lig het ons nie gemeenskap met die duisternis nie. Ons geniet die gemeenskap met kinders van die lig. Die visie is altyd betrokkenheid, en hoe meer ons betrokke is, hoe meer sal baie wat na ons kyk, die skoon ontspanning sien en so ook van ons blydskap en vrolikheid getuig. Die gedagte is om in sport ook die vrug van die Gees toe te pas. So kry ons ook die geleentheid om met siele te deel en ons lig vir Jesus te laat skyn.

Die missie.

Die sport en ontspanning is daar om te sorg dat die gemeente die geeleentheid gegun woord om sosiaal saam te kan verkeer. Onder andere word die volgende gereël:

  • Kampe
  • Kermisse
  • uitstappies
  • opvoedkundige wandeltogte
  • touch rugby en krieket teen ander gemeentes
  • boeresport-dae
  • koekbakkompitisies

Ten alle tye word gepoog om die liefde van Jesus uit te beeld. Die doel agter die ontspanning en saam verkeer, is om siele vir die Koninkryk van Jesus te wen.

Ons toekomsplanne is om ‘n groot familie te stig wat mekaar se geselskap geniet en ook tydens hulle tye van ontspanning, God verheerlik. Dit is tog die hoofrede waarom ons geskep is. Ons speel, leer en aanbid die Here saam!

Pierre Nettmann

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar2011] [Information]