ElimOasis_Header

Google
Download a life
FACEBOOK

New

Getuienisse

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

Sustersdienste

 

 

Inleiding:

Dit is waarlik `n voorreg om die Here te kan dien, as moeders, oumas, sussies en net geliefdes in die Here. Dit is op hierdie dae wat ons werklik kan sê dat die Here in bonatuurlik maniere beweeg. Handeling 1:8 is met uitstek die versie wat toegepas word.

    “ Maar julle sal krag ontvang waneer die Heilige Gees oor julle kom,en julle sal My getuies wees in Jeruslem (Bluff) , sowel as in die hele Judea (Durban) en in Samaria (Groter Durban distrik) en tot aan die uithoeke van die aarde.”

Die doel:

Sustersdienste word op ‘n Donderdagoggend om 10h00 gehou. Dit is by hierdie vergaderings dat ons as die sussies van die gemeente werklik met die Here ontmoet. Die gedagte agter alles is om meer van die Woord van die Here te kan leer. Dit is hier waar die ys gebreek word om te kan aanbid, te kan getuig, saam te kan bid en om vir mekaar te kan intree. Die doel is om meer van die Here te leer en ook die Wil van die Vader in elkeeen se lewe te kan bepaal. Aanbidding is van kardinale belang om in die werklikheid te kan “YADAH”, wat beteken om die hande op te hef en om God te erken vir wie en wat Hy is. Die Here word verheerlik in gees en in waarheid. “TOWDAH” is om die Here te verheerlik en dat Sy Woord waar is. Dit is hier waar ons leer om met gevoel die Here te dien en nederig voor Hom te wees.

Daar word gefokus op:

  • Gebed: Dit is gebed wat die Hart van die Here beweeg en so leer ons by die geleentheid dan om te kan bid. Sussies word die geleentheid gebied om saam met en vir mekaar te bid.
  • Lering: Susters word die geleentheid gegee om die Woord met mekaar te deel. Baie word aangemoedig om verder te studeer en bedieninge uit te leef.
  • Om te saai: Baie het al hierdeur tot die besef gekom en uitgevind dat die Woord van die Here waar is, wanneer ons saai. In die saai van die saad word daar geleer hoe om te deel. Vele het al getuig van hoe hulle werklik `n seëning van die Here ontvang het.
  • Wapenrusting: By die sustersdienste word ons geleer om die Wapenrusting van God aan te trek om die aanslae van die bose af te weer.
  • Geestelike gawes: Die is baie belangrik om geleer te word van die gebruik van die GEESTELIKE gawes soos voorgeskryf in die boek van Korinthiërs. Dit is hier waar die sussies die wysheid leer van hoe om God te vertrou, en hoe om werklik onderdanig aan hulle eie mans te wees.

Bediening deel

Op verskeie geleenthede word ander gemeenteherders uitgenooi om die sussies toe te spreek. Soos die bediening groei so sal daar meer en meer geleenthede geskep word vir hierdie soort bedieninge. Die sussies word geleer dat elke persoon `n bediening het en hoe om dit uit te leef na willekeur. Die liggaam van Jesus bestaan uit baie dele en elke liggaamsdeel het `n funksie. Die sussies word bemoedig om verder te studeer en so hulle bedieninge uit te leef.

Die visie:

Dit is Godse werk om die visie te voltooi. Hier word geplant en gewater, bemes en ondersteun, maar dit is die Here wat die groei gee. Dus is die beplanning om te sien dat daar voltydse middel-van-die-week dienste gehou gaan word en dat daar groei sal wees. Binne die volgende paar jaar as die Here vertoef om te kom sal ons `n herleweing sien. Die fokus is weereens geplaas op ons verhouding met die Here.

Paulus skryf aan Timoteus en bemoedig hom om geen vrees te hê nie want God het nie vir ons `n gees van vreesagtigheid gegee nie maar, van liefde en selfbeheersing (2Tim 1:7). Die Here is waarlik besig om `n volk van lof en prys, vir Hom op te rig. `n Magtig leermag van vrouens wat die Here sal dien in gees en in waarheid.

Tannie Veronica Rou

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar] [Information]
BuiltWithNOF