ElimOasis_Header

Google
Download a life
FACEBOOK

New

Getuienisse

 

Calendar
book_10

VAN DIE HERDER SE TAFEL . . . .

PLACE 
OF 
WORSHIP
CROSSINGPOINT

 

Kruger Park

Malaria in the Kruger National Park

 

caringPeople_rustBlue-600x118

Soos die naam van hierdie raad aandui, is ons taak om versorging te doen, in ELIM GEMEENSKAPS KERK sowel as die gemeenskap op die Bluff. Ons werke bestaan uit die volgende:

  • voedsel vir behoeftige gesinne
  • klere aan behoeftiges, shelters en weeshuise
  • speelgoed vir weeshuise (Kersfees tye)
  • toiletware aan weeshuise
  • omsien na bejaardes

Daar was ook al tye waar ons kinders van die weeshuis, genooi het om saam met huisvaders en moeders, die gospelsanger se konsert by te woon. Hier het hulle gratis iets te ete en drinke gekry.

Elke versorgingsraadslid het ‘n bejaarde in ons gemeente om na om te sien gedurende die jaar, hulle by te staan wanneer daar siekte is, gereeld te besoek en ‘n geskenkie aan te koop vir hul verjaarsdag en Kersfees. Hulle moet gereeld geskakel word om te verneem hoe dit met hulle gaan. Ons gee ook een keer per kwartaal ‘n vingerete en verkeer heerlik saam. Aan die einde van die jaar gee die raad ook ‘n kersete en ‘n geskenkie vir elke bejaarde.

Ons benodig finansies om al hierdie bogenoemde take te kan verrig. Daarom loods ons die volgende projekte:

  • Rama verkope
  • Kussing verkope
  • Koeksisters Verkoop
  • Gospel konsert of modeparade een keer per jaar
  • Steenprojek
  • Donasies

My grootste visie is dat ons gemeente bekend sal word op die Bluff. Om groepe te stig wat voedsel sal gee op ‘n Saterdag vir behoeftige gesinne hier om ons. Soos byvoorbeeld, ‘n sopkombuis en ander etes. Daar is ‘n groot nood! Ons saal is sentraal geleë vir so ‘n projek. So kan ons ook siele wen vir Jesus. Ons evangelisasiewerkers kan onder hierdie mense werk op sulke dae. So kan ons die koninkryk van God uitbrei. Hiervoor benodig ons meer raadslede en finansies. My visie is groot en my geloof sterk, oor hierdie projek.

Ek wil graag ook hê dat ons raad ook bejaardes in Arcadia en ander tehuise op die Bluff sal besoek gedurende die jaar. Daar is baie eensame bejaardes wat hulp, liefde en aandag nodig het.

Ons werk vir God en nie die kerk of Pastoor nie. Ek, as voorsitster besef dat dit God se kudde is wat ons oppas en nie my eie nie. Ek werk omdat ek God graag wil dien en nie omdat ek daartoe gedwing word nie. Ek is nie ingestel op eie gewin nie, maar op wat ek kan gee en ek lei ander mense deur ‘n voorbeeld te stel en nie deur baas te speel nie.

    1 Petrus 5:1-7 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang. Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Die versorgingsraad doen hierdie tipe werk volgens God se woord.

  • Liefde vir jou medemens is baie belangrik om ‘n sukses in die raad te behaal. 1 Kor 13:3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
  • Ons moet wys dat ons omgee. Dit is vandag van die allergrootste belang, omdat daar baie eensame en behoeftige mense is. Matt 5:7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
  • Onthou dat die Here altyd by ons staan, en dat ons altyd op Hom kan staatmaak. Jes 41:17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
  • Om geloof te hê is baie belangrik. Sonder die geloof is die werke tog dood. 
  • Jak 2:14 – 17 Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie--wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Ons benodig nog lede op die versorgingsraad. Vroue, sowel as mans is welkom. As u voel u pas in by hierdie tipe werk, en dit is u hartsbegeerte, kontak ons.

Kate Bendall

[Home Page] [About Us] [Contact Us] [Departments] [Kerkraad] [Gebedskring] [Evangelisasie] [Sending] [Versorgingsraad] [Juwele] [Samaritane] [Susterdienste] [Huisselle] [Kinderkerk] [Junior Jeug] [Senior Jeug] [Rapportryers] [Musiek] [Sport & Ontsp] [Onderhoudsdept.] [Bible School] [Album] [Downloads] [Links] [Login] [Site News] [Calendar] [Information]
BuiltWithNOF